FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Waar is jy nou sus

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Waar is jy nou sus Empty Waar is jy nou sus

    Post by Claira Summers Thu 29 Sep 2011, 1:29 am

    WAAR IS JY NOU SUS


    Ons het jou verloor op die fleur van jou tyd
    En almal het verslae agter gebly
    Gewonder waarom jy, juis jy?
    Maar tot vandag nie ʼn duidelik antwoord gekry
    Jy was my sussie werklik ʼn ware vriendin
    En die sonkring verseker,
    van ons hele gesin
    Uit die lig van die kleurryke vreugde se dag
    het als verander in somber duistere nag


    Ek het probeer om almal te troos
    Maar toegevou verdoesel hoe ek regtig broos
    Tog diep binne my hart gebreek
    Met wie kon ek nou my hartseer bespreek?
    Van lewe en lig en wonderlik jy
    Moes ons aanpas en voortgaan het ons harte gely
    Jou kinders het voor my so hartseer gestaan
    En ek was self een
    het hul trane goed verstaan


    Ek het aan jou belowe om hul goed op te pas
    Maar die loop van die lewe
    het ons almal verras
    Sommer so sonder rede van vars tot verwelk
    Die lewe se dood
    het ons saamwees verswelg
    En ek wonder vandag nog en elke nag
    Waar is jy nou en of jy nog lag?
    Maar in troos van die Here se woord kan ek rus
    Sy liefde en hoop behoort almal te sus


    Ek wonder ook somtyds wat jy nou sou sê?
    Oor jou kinders se kinders
    en hoe hul lewens nou lê
    Ek wil glo in jou vrede en jou hemelse lus
    Want dit is waar ek jou graag sou sien rus.

    (vir jou Ousus)

    avatar
    Guest
    Guest


    Waar is jy nou sus Empty Re: Waar is jy nou sus

    Post by Guest Thu 29 Sep 2011, 1:58 am

    ek glo ons geliefdes bly ons by,..sien ons en kyk na ons,... pragtige werk
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Waar is jy nou sus Empty Re: Waar is jy nou sus

    Post by Claira Summers Thu 29 Sep 2011, 2:46 am

    Ure se trane oor die gedig. Haar twee meisiekinders is Pragtig,jongste het 15 skoonheids titels sy is just beautifull! Dankie vir die terugvoer.

    Sponsored content


    Waar is jy nou sus Empty Re: Waar is jy nou sus

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 06 May 2024, 9:57 pm