FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Dis waar ek jou kry

    hanlie Leach
    hanlie Leach


    Location | Ligging : Delareyville Noord Wes
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 71
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-15
    Age | Ouderdom : 66

    Dis waar ek jou kry Empty Dis waar ek jou kry

    Post by hanlie Leach Sun 25 Sep 2011, 3:53 am

    Jy sleepvoet elke tree saam met my
    bly in die bog van my rug
    in die onthou van vergeet is jy
    die skadu van jou gesig kom terug na my

    in die ritme van my hart wat by jou stop
    daar waar ek nog steeds vir jou wag
    hoor ek jou liefde nog klop vir klop
    jou strelende liefhê hande so sag

    jou vuur wat brand hier in my
    waar ek my na-winter lyf warm maak
    die louwarm as wat na die nag agterbly
    dit voel of jou hande nog steeds aan my raak

    net hier in die holte vir jou gehou
    waar net jy kan inpas
    ek jou alles in my toevou
    hou ek jou vir ewig in my vas.

    Dis waar ek jou kry
    langs die paaie na my hart
    hier het jy lank terug kom bly
    nou is dit jou herinneringe wat my tart.
    avatar
    Guest
    Guest


    Dis waar ek jou kry Empty Re: Dis waar ek jou kry

    Post by Guest Mon 26 Sep 2011, 8:10 pm

    jy toon soveel liefde en samesyn in awesigheid hier, fyn gekryf hou hiervan

      Current date/time is Mon 06 May 2024, 10:10 pm