Waar was jy ? ( Ek wonder )

    Share
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 50

    Waar was jy ? ( Ek wonder )

    Post by Rudi Coetzer on Thu 29 Dec 2011, 1:57 pm

    Ek wonder of jy gehuil het
    nadat ek gisteraand weg is
    ek wonder of jy wonder
    of jy reg is

    ek wonder hoe kon jy al die tyd
    na my kyk
    en my nie sien nie

    ek wonder wat het jy gesien
    in my puppy eyes
    wat jou laat twyfel het

    ek wonder wat het jy gevoel
    in my tender touch
    wat jou laat skrik het

    ek wonder waar was jy
    in jou en my
    se life changing experience

    en ek wonder
    oor 20jr wanneer ons journey
    hindsight is
    of ek steeds sal wonder

    sal wonder
    oor jou en my


    ( 31/10/2007 22h49 )
    !

      Current date/time is Sat 22 Jul 2017, 7:47 pm