FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Stories van liefde

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Stories van liefde Empty Stories van liefde

    Post by Rudi Coetzer Mon 24 Oct 2011, 5:46 pm

    Jy is my aarde se as
    my wêreld draai om jou
    en die grafitasie
    van on sliefde
    trek ons styf teenmekaar vas .

    Ons liggaam teen liggaam
    ons vel teen vel
    asem teen asem

    en ons oë
    het soveel stories
    om vir mekaar
    te vertel .

    Ek is mal
    oor die hitte
    van jou hande
    ek is mal
    oor die hitte
    van jou hart .

    Feëtjievrou ek lief
    hoe jou siel
    en my siel
    so mooi bymekaar pas .

    Jy is my aarde se as
    my wêreld draai om jou
    en die grafitasie
    van ons liefde
    trek ons styf teenmekaar vas .


    ( 10/10/2011 21h40 )

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 5:19 pm