FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Liefde is...

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Liefde is... Empty Liefde is...

    Post by Manie Jackson Wed 07 Sep 2011, 2:22 pm

    Liefde is…
    ‘n Seer hart se treur,
    Maak soms die wat omgee ook seer.
    Die verstaan, respek en eer.
    Bron van lewe, deernis, tree vir tree.
    Die saamwees, nabyheid – wat vreugde gee.

    Liefde is…
    Fokus op jou maat,
    Jou vinger op my mond…Voorwaar!
    Die stem wat ‘n onstuimige hart laat bedaar.
    die hartklop wat onder my oor le.
    Die volmaakte verstandhouding sonder om te se…

    Liefde is…
    ‘n Roosknop op jou laken.
    ‘n Meisie in die somer wind
    haar geliefde, haar eerste soen sou vind.
    Oktober nag op Kalahari sand
    ‘n Naam in my gedagtes gebrand.

    Liefde is…
    Die soeke na aanvaarding.
    Iets waarin jy kan glo.
    Die kyk in jou sagte oe.
    Die vlam op ‘n koue aand,
    wat ‘n eensame hart weer warm maak.

    Liefde is…
    Die behoefte om te gee.
    ‘n Bate sonder sigbare waarde.
    onbegryplik vir die wat leef na die aarde.
    Soms dalk ‘n las sonder gewig
    Slaan die werklikheid jou in die gesig.

    Liefde is…
    om die dood in die oe te kyk.
    om sonder vrees, nie terugdeins vir smart.
    vir sy kind – ‘n ouer hart.
    Om die lewe vir ander te probeer versag.
    Sonder om iets terug te verwag.


    Liefde is…
    Om ander se voorspoed te begeer
    ‘n Arm om op te leun.
    ‘n Skouer wat dra en steun.
    Helderder as die hart van ‘n vrywilliger brand,
    ‘n Ongemerkte graf in die sand.

    Liefde is…
    ‘n Moeder se sagte hand.
    Die offers wat die weg vir ander baan.
    Bloeiende hart, ‘n eensame traan.
    ‘n Hart wat gee – soms, sonder verstaan.
    ‘n Rooi kool vuur, ‘n donker maan.

    Liefde is…
    Die laaste dans om middernag.
    Jou kop op my skouer.
    ‘n Warm kombers teen die koue.
    ‘n Hart wat blom.
    ‘n Tyd saam in die somer son.


    Manie Jackson 9/7/2011


      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 1:47 am