FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Liefde soos die see

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Liefde soos die see Empty Liefde soos die see

    Post by Claira Summers Mon 26 Sep 2011, 4:08 am

    “Liefde soos die see”

    Ek is ‘n naakte siel in die kromming van jou boesem
    Jou kabbels spoel my uit op die warm sand
    Jy sleur my mee met jou geduldige stroom
    Laat my van jou trane sluk
    jou stories kalmeer my denke.
    Jy haal asem met ‘n swaar gemoed
    en vertroetel my met jou gelate lag
    ontferm jou oor my met jou hart vol lewe
    teen jou rotse groei daar fluweel.
    In jou siel – liefde voor tydelik
    Hoogwater dryf my teen jou breë strande op
    die lek van die wind laat my koud.
    Jou warm soene omvou my gebroke gees
    met deernis verwarm jy my in jou arms.
    Storms op die horison verdryf my uit jou midde
    en reusagtige golwe ruk my uit jou omhelsing
    in die kleure van die sonsondergang bly die donker skaduwee
    van myself alleen op die silwer tapyt bly staan.



      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 9:41 pm