Half soos melaats

    Share
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 50

    Half soos melaats

    Post by Rudi Coetzer on Tue 27 Mar 2012, 12:57 pm

    Ek sit en kyk
    hoe my siel ontbind
    my liggaam vrot .

    In die begin
    ʼn stadige proses
    half soos melaats
    ( ek dink )

    so asof my liggaam
    ʼn natuurlike preserveermiddel
    vir my siel was

    jy weet

    asof my siel
    gebalsem was
    ge-mummify was
    vir 41 jaar al

    ( of was dit vir eeue lank
    en het ek vergeet? ) .

    En sit ek en kyk
    hoe die battle
    vir my siel
    versnel
    verskerp –

    en voel ek niks
    toe my brein ontplof
    en ek my sanity verloor



    ( 00h42 22/12/2007 )



      Current date/time is Sun 23 Jul 2017, 11:35 pm