Sy skarrel die straat af
met haar drie snotneus-kindertjies op tou
sy kyk nie om nie
( soos Lot se vrou )
iewers swiep ñ Stealth
ongesiens soos ñ vlermuis
deur die nag .
ñ Smartbomb vee ñ huis
gelyk met ñ stofstraat
( die gesin wou nog vlug
maar dis nou te laat ) .
Lugafweer kleur die lug
rooi en groen en geel
haar snotneus kindertjies huil histeries
sy probeer haar verbeel
dis van vrees
( maar sy weet dis van honger ) .
Die volgende oggend
kry hulle haar
ñ swart verbrande pilaar
( amper soos Lot se vrou )
end af in ñ stofstraat
haar hand uitgestrek -
en waar haar drie snotneus kindertjies was
kry hulle net ñ groot gat .
* Oor die oorlog in Afganistan
( 29/10/2001 23h35 )
met haar drie snotneus-kindertjies op tou
sy kyk nie om nie
( soos Lot se vrou )
iewers swiep ñ Stealth
ongesiens soos ñ vlermuis
deur die nag .
ñ Smartbomb vee ñ huis
gelyk met ñ stofstraat
( die gesin wou nog vlug
maar dis nou te laat ) .
Lugafweer kleur die lug
rooi en groen en geel
haar snotneus kindertjies huil histeries
sy probeer haar verbeel
dis van vrees
( maar sy weet dis van honger ) .
Die volgende oggend
kry hulle haar
ñ swart verbrande pilaar
( amper soos Lot se vrou )
end af in ñ stofstraat
haar hand uitgestrek -
en waar haar drie snotneus kindertjies was
kry hulle net ñ groot gat .
* Oor die oorlog in Afganistan
( 29/10/2001 23h35 )