FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Vrou in Aksie

    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Vrou in Aksie Empty Vrou in Aksie

    Post by Enid Mon 21 Nov 2011, 7:02 pm

    In jou stilte bedwelm sy haar
    val dieper in blou-maan drome
    tussen die blink van jou stene
    het sy verlore geraak in die hede
    se gedagtes van betowering
    aan denke gekoppel aan jou bestaan

    oor wat jy is
    wat jy gaan wees
    hoe jy sal reageer
    wat jy begeer

    haar saglyf gedagtes
    rondom jou gedreineer
    toekoms vol beloftes
    aan dit wat sy dalk mag begeer

    haar emosies tolbos deurmekaar
    op en af gedaal
    tot denke aan jou
    my lief het jy haar getoor?
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Vrou in Aksie Empty Re: Vrou in Aksie

    Post by Rudi Coetzer Mon 21 Nov 2011, 7:30 pm

    ek hou hiervan.
    dis mooi sag.
    (wat my pla:jy skryf in die 3de persoon..maar in jou slot praat jy van>my lief.dit gel nie lekker nie.as mens in 3de persoon skryf,moet jy dit regdeur so hou.of anders moet jy in 1ste persoon skryf[wat ek verkies..dis meer persoonlik..alhoewel baie digters sal se mens moet nie in 1ste persoon skryf nie......{dink persoonlik dis n verouderde idee...hehehee}])

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 9:42 am