FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    My lief ( 2 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    My lief ( 2 )   Empty My lief ( 2 )

    Post by Rudi Coetzer Fri 21 Oct 2011, 2:28 pm

    Die reuk van reën
    meng met die memories
    wat ek van jou het

    en nou hier alleen
    op ons eens gedeelde bed
    gee die onthou my die horries .

    Ek onthou ons studentedae
    so min antwoorde so baie vrae ,
    maar ons was jonk verlief
    en die lewe was ñ lied .

    Kan jy ook nog onthou my lief
    jy het nog gesê ons kan mekaar
    so baie bied .

    Maar dit was lank gelede
    my lief

    nou is alles so deurmekaar
    nou is hy jou toekoms
    en ek net jou verlede .

    Al wat daar nou van ons oor is
    is so baie hoekoms
    die seer seer oor dit wat verloor is
    en die reuk van die reën
    wat meng met die memories
    van jou , en die graffie van ons baba-seun .


    ( 12/02/2011 15h56 )

      Current date/time is Fri 03 May 2024, 7:13 am