FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    Ek DELETE jou vandag !!

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Ek DELETE jou vandag !! Empty Ek DELETE jou vandag !!

    Post by AmmieMoon Thu 20 Oct 2011, 4:50 am


    Ek delete jou vandag

    Ek delete die kyk in jou oë
    Ek delete jou hande se vat oor my lyf
    Ek delete jou stil vertoë
    Ek delete die vreugde tot nou wat jy daagliks in my lewe skryf
    Ek delete jou kreukel lag
    Ek delete die rivier in jou stem
    Ek delete elke oomblik se wag
    Ek delete die manier wat jy my na jou guns wen

    Ek delete jou uit my inbox
    Ek delete jou uit my outbox
    Ek delete jou uit my send en draft
    Ek delete al ons brandende kerse
    Ek delete jou uit ieder van my borrelende verse

    Bowenal delete ek jou voet wat probeer inskuif
    in die deuropening na my hart.

    Ek beveel aan dat jy dieselfde doen !



    © 2010 Almarie Truter


    Last edited by AmmieMoon on Thu 20 Oct 2011, 4:59 am; edited 1 time in total
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Ek DELETE jou vandag !! Empty Re: Ek DELETE jou vandag !!

    Post by Claira Summers Thu 20 Oct 2011, 4:55 am

    wens dit was moontlik om sommige memories wel te kan delete - wel gedaan
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Ek DELETE jou vandag !! Empty Re: Ek DELETE jou vandag !!

    Post by anderkant Thu 20 Oct 2011, 2:16 pm

    Soms is delete heeltemal gepas en noodsaaklik. Soms laat moedswil geen ander keuse nie. Die vers som dit raak op.
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Ek DELETE jou vandag !! Empty Re: Ek DELETE jou vandag !!

    Post by BennyB Thu 20 Oct 2011, 2:20 pm

    As Delete maar net die totale las kon verlig, maar soos 'n harde skyf le die inligting altyd daar. Puik gedoen!
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Ek DELETE jou vandag !! Empty Re: Ek DELETE jou vandag !!

    Post by anderkant Thu 20 Oct 2011, 2:23 pm

    Mr B - beter kon ek dit nie self gestel het nie. Dis waar!
    avatar
    Guest
    Guest


    Ek DELETE jou vandag !! Empty Re: Ek DELETE jou vandag !!

    Post by Guest Thu 20 Oct 2011, 10:59 pm

    If only............

    Sponsored content


    Ek DELETE jou vandag !! Empty Re: Ek DELETE jou vandag !!

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 08 May 2024, 9:24 am