FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    As vandag jou laaste dag was...

    Isabel Q
    Isabel Q


    Location | Ligging : Paarl, Western Cape
    Posts | Bydraes : 40
    Points | Punte : 62
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-14
    Age | Ouderdom : 43

    As vandag jou laaste dag was... Empty As vandag jou laaste dag was...

    Post by Isabel Q Fri 30 Sep 2011, 5:53 pm

    as vandag jou laaste dag was
    sou jy wou weet die gevoelens hier binne my hart
    sou jy wou weet elke gedagte behoort aan jou
    sou jy wil weet wat dit aan my doen
    elke keer as vuur-vlam oë verlangend na my staar?

    as vandag jou laaste dag was
    sou jy my siel repie vir repie wou ontleed
    sou jy wil weet wat my gelukkig maak
    sou jy wou weet van al my seer
    elke oomblik van ouds tot huidige bestaan?

    as vandag jou laaste dag was
    sou jy jou liefde onvoorwaardelik met my wou deel
    sou jy jou hart voor my ontbloot en dan vir my offer
    sou jy siels-nakend voor my kom staan
    met elke aartjie, elke skrapie, elke snytjie sigbaar?

    as vandag jou heel laaste dag was
    sou jy ‘n leeftyd herinneringe in vier-en-twintig uur kon pas
    sou jy my wou bemin en vas hou styf teen jou beton bors
    sou jy tyd kon laat stil staan vir ‘n asem-teug tydperk
    sodat ek elke vlekvrye oomblik in my hart verewig erts…

    29-09-2011

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 7:18 am