FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    laaste anker

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    laaste anker Empty laaste anker

    Post by anderkant Fri 09 Sep 2011, 3:11 pm

    nie eers sugtend nie,
    beheerste, algehele oorgawe;
    so stap jy,
    onsiende,
    blind!
    maar gevoelloos?,

    vir ‘n oomblik proe jy dalk die sout;
    was daar trane? ek glo daar was;
    hoe groet mens sonder
    ‘n storting van emosie
    wanneer jy op die punt staan
    om oor te hel, daardie kant toe

    deure wat slegs oopmaak na binne
    en selfs die sagste geklop kan hoor;
    jou plekkie berei
    wyl jy nog aarsel,
    en dan, voet aan wal sit,
    aanstap, onsiende, blind.

    fyngemaalde skulp word sand
    - so ‘n swarterige, besmette,
    hard-korrelagtige-soort sand;
    wat ongemerk versag,
    klam die gety se vordering
    in natgrond streep

    in ‘n oomblik, of was dit minute?
    heet sy jou welkom, omgolf sy jou;
    sout en trane vul die leemtes van jou wese,
    sodium en chloried bevestig die daad
    in ‘n oomblik se gehele besef,
    maar, jy draai nie om nie,

    die huis is waar die hart is
    maar jou hart was leeg,
    of dalk,
    so vol van die drek
    dat jy hom wou ontsmet
    met ‘n laaste asemteug.

    © (02.06.2011) Rudi Prinsloo, Alle regte voorbehou
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    laaste anker Empty Re: laaste anker

    Post by Enid Sat 10 Sep 2011, 2:45 pm

    Rudi,sy het baie emosies getoon in haar werk en soos ek ook hel baie probleme met ons Pa's, ha (ongelukkig), een ding is verseker sy wragtag meer guts as ek...as ek so iets moet doen, sal slaappille die maklikste wees, ek hou van jou begrip van haar emosies in die laaste minute wat jy hier vaspen, dit moes nogal so-iets gewees het.
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    laaste anker Empty Re: laaste anker

    Post by AmmieMoon Sat 10 Sep 2011, 4:26 pm

    Ken ek nie daardie verlorenheid nie...daardie oomblik van huiwer op die drumpel van sout of soet...van bitter hel of hemel....daardie vele voorlaaste ure van diepe smart.....om my enkels het ook al soutigheid gespoel en my in genooi...wou ek my arms om alg en wiere gooi, net om nooit weer te onthou.....

    Jou slotreël tref my vol in die buik!
    Puik !
    avatar
    Guest
    Guest


    laaste anker Empty Re: laaste anker

    Post by Guest Sat 10 Sep 2011, 4:43 pm

    ek kan nie meer se as wat reeds gese is nie jou werk getuig van emapatie met die heldin,.......... puik werk rudi
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    laaste anker Empty Re: laaste anker

    Post by anderkant Mon 12 Sep 2011, 8:08 pm

    Enid, Ammie, Ronel - my waardering vir julle gawe kommentaar kan ek nie genoeg verwoord nie. Met Ingrid spesifiek voel ek dat haar lewe en einde soms onnodig verromantiseer word - ek het probeer wegskram daarvan en my probeer verbeel hoe dit in haar gemoed sou gegaan het. Mens sal egter seker nooit regtig weet nie.

    Sponsored content


    laaste anker Empty Re: laaste anker

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Tue 07 May 2024, 12:01 pm