FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

5 posters

    'n Oomblik in jou hart

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    'n Oomblik in jou hart Empty 'n Oomblik in jou hart

    Post by BennyB Thu 20 Oct 2011, 4:30 am

    Sag lek ‘n laaste rooi
    en draai die gety om nog ‘n volmaan te groet,
    voetspore lê in nat sand geëts
    nes my droom van jou in wit spore op die maan.

    Saam sit ons langbeen, sy aan sy
    en raak verlore waar drome vlindervlieg
    onder ‘n melkweg refleksie
    in ‘n see se stil-silwer-blou

    hemels hang my skilderdoek
    vir almal om te sien
    as my hart drome lugskryf met kwas en ink
    in n reënboog kaleidoskoop

    sag is jou oë
    waar jy my toegelaat het (vir ‘n oomblik)
    om binne jou hart verlore te kon raak.

    BennyB
    © 19/10/2010 Barend Booysen
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    'n Oomblik in jou hart Empty Re: 'n Oomblik in jou hart

    Post by Claira Summers Thu 20 Oct 2011, 4:53 am

    beautifull - self baie lief vir vergelykings van die see - wel gedaan
    girllivinginherdreams
    girllivinginherdreams


    Location | Ligging : Swakopmund Namibia
    Posts | Bydraes : 76
    Points | Punte : 106
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 43

    'n Oomblik in jou hart Empty Re: 'n Oomblik in jou hart

    Post by girllivinginherdreams Thu 20 Oct 2011, 2:13 pm

    Benna this is so deep....brings me to tears
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    'n Oomblik in jou hart Empty Re: 'n Oomblik in jou hart

    Post by Rudi Coetzer Thu 20 Oct 2011, 6:13 pm

    smile..sag..innig...in verwondering..en beautiful..
    jyt die pretjie perfek geskets en ingekleur.
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    'n Oomblik in jou hart Empty Re: 'n Oomblik in jou hart

    Post by BennyB Thu 20 Oct 2011, 9:18 pm

    Baie dankie vir die terugvoer...ek weet nooit eintlik wat om te se nie... What a Face
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    'n Oomblik in jou hart Empty Re: 'n Oomblik in jou hart

    Post by Torm Thu 20 Oct 2011, 9:59 pm

    Dis mooi.
    En...
    Happy birthday dear Benny,
    Happy birthday to you!
    ...ek plaas 'n denkbeeldige kers op die dekadente chocolate koekie...

    Moenie worry nie, ek sal nie regtig sing nie. Dis nie my ding nie.
    'n Romerige verjaarsdag vir jou toegewens, Benny.
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    'n Oomblik in jou hart Empty Re: 'n Oomblik in jou hart

    Post by BennyB Fri 21 Oct 2011, 1:04 am

    Thanks Torm...dam dog ek nou ek moers gelukkig dat jy nou gaan sing...teleurstelend lol!

    Sponsored content


    'n Oomblik in jou hart Empty Re: 'n Oomblik in jou hart

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 11:17 am