FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Verlangende hart.

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Verlangende hart. Empty Verlangende hart.

    Post by Manie Jackson Sun 25 Sep 2011, 9:49 pm

    Eensame ure, my gedagtes, my verlange.
    Soekend na jou in stiltes en gange.
    Mense, kinders, die lewe om my,
    alles snel sonder aandag verby.
    Mis ek die klop van jou stap.
    Mis ek jou staan – voor my - op die trap.

    Vreugdes en oomblike saam, gestroop van kleure.
    Net fluisters bly agter ons kamer deure.
    Die plooie om jou oe, die lyne.
    Ek mis die vou van jou hand om myne.
    Droe trane as ek opstaan en verlang,
    eensame ure sonder jou – koud en bang.

    Le ek wakker nog voor jou sms.
    ‘n Vinnige more se van ver, net na ses.
    Soms jou stem oor die foon.
    Al wat my hart kry vir ‘n dag se loon.
    Wonder ek wat jy nou maak,
    die wens om net vinnig aan jou te kon raak.

    Weet ek daar waar jy nou is.
    Jy ook, vir my mis!
    Droom ek stil oor jou lag se klank.
    Raak die dae vir my onuithoubaar lank.
    Le daar tussen ons ure van nag,
    terwyl ek alleen in ons bed vir jou wag.

    Jou nabyheid, die vlerke van liefde wat my omvou.
    Jou warm lyf, as jy my styf teen jou vashou.
    En as jy opkyk vanaand onder donker maan,
    weet dat ons onder dieselfde sterre staan.
    En dat ek ook opkyk en onthou,
    En my verlangende hart uitroep – Ek mis jou!

    Manie Jackson 25/9/2011
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Verlangende hart. Empty Re: Verlangende hart.

    Post by Claira Summers Sun 25 Sep 2011, 10:45 pm

    Die gevoel in jou vers borrel oor na n bekende verlange vir my!! Baie beskrywend van die emosie van verlange.
    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Verlangende hart. Empty Re: Verlangende hart.

    Post by Manie Jackson Mon 26 Sep 2011, 4:28 pm

    Smile

    Sponsored content


    Verlangende hart. Empty Re: Verlangende hart.

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 08 May 2024, 10:24 pm