FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Wit hart

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Wit hart Empty Wit hart

    Post by AmmieMoon Tue 28 Feb 2012, 2:04 pm


    een skoot -
    een patroon, een tarentaal, een skoot
    Jy is my held
    ek lê aan tussen bossies in 'n winterdun veld
    ek verstaan van manna en lewensbrood
    maar hoe voel die dood, pa ?

    een skoot -
    een patroon, een tarentaal, een skoot
    ek word in die kruis van jou visier groot
    ek is jou trots, ek is vol mannemoed
    maar ek stik aan vere en bloed
    hoe groot is groot, pa ?

    een skoot -
    een patroon, een tarentaal, een skoot
    nooit word kruit verkwis
    ek ken die teiken, skiet nooit mis
    ek is die swel wat jou bors laat rys
    maar wie gaan my die rede wys, pa ?

    een skoot -
    een patroon, een vrou, een glashout hart
    sy hang aan 'n kobaltblou lint
    met grein wat teen my lippe splint
    waar moet ek die roer neersit
    my hart is nou wit, pa.

    © 2012 Almarie Truter
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Wit hart Empty Re: Wit hart

    Post by Rudi Coetzer Tue 28 Feb 2012, 7:06 pm

    love jou slot.
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Wit hart Empty Re: Wit hart

    Post by BennyB Tue 28 Feb 2012, 8:05 pm

    Stem Rudi. Bly om jou werk weer hier te sien, die droogte is 'n bliksem of hoe,...
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Wit hart Empty Re: Wit hart

    Post by AmmieMoon Fri 02 Mar 2012, 2:58 pm

    Dankie Rudi en Benna...jip, die droogte is 'n bogger en erg pynlik!
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Wit hart Empty Re: Wit hart

    Post by Rudi Coetzer Fri 02 Mar 2012, 2:59 pm

    dan is dit tyd om die woorde en gevoelens te laat reen...just pour it out.jy kan mos.)

    Sponsored content


    Wit hart Empty Re: Wit hart

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 10:40 am