Oomblik vir altyd ( 28 ) : Volmaan oomblik

    Share
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 50

    Oomblik vir altyd ( 28 ) : Volmaan oomblik

    Post by Rudi Coetzer on Tue 20 Dec 2011, 12:11 pm

    Saggies skaam sluip
    jy voor my uit
    tiptoon-stil
    een hand voor jou mond
    sodat jou giggels
    niemand dalk wakker maak nie ,
    jou ander hand
    sag warm in myne
    lei my , die blinde
    wat nie
    die terrein ken nie .

    Jou boude wit
    in die maanlig
    voor my
    wip parmantig
    en o so aanloklik –
    die maan
    knipoog vir my .

    By die kompleks
    se swembad
    los jy my hand ,
    maak die hekkie oop
    en sê ek
    beter nou voor loop .

    Ek sê dis gek
    hierdie skinny-dip-plan
    van jou
    twee-uur op ñ winters-oggend

    maar die sight
    van jou volmaan-lyf
    laat my sommer van die idee hou .

    En ek onthou
    my ma se woorde :
    “ Mens lewe net
    eenkeer my kind
    so lewe voluit . ”

    Dit is tog
    so jammer ma
    ek vind
    dit nou eers uit .


    ( 23/11/2010 20h34 )

    Barend Steenkamp

    Location | Ligging : Bloemfontein
    Posts | Bydraes : 16
    Points | Punte : 24
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-02
    Age | Ouderdom : 60

    Re: Oomblik vir altyd ( 28 ) : Volmaan oomblik

    Post by Barend Steenkamp on Tue 20 Dec 2011, 10:59 pm

    Ek hou baie van jou slotstrofe! Go for it!
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 50

    Re: Oomblik vir altyd ( 28 ) : Volmaan oomblik

    Post by Rudi Coetzer on Wed 21 Dec 2011, 12:42 am

    mens moet leef.
    soms vergeet mens...
    baie dankie Barend.
    Waardeer.

    Sponsored content

    Re: Oomblik vir altyd ( 28 ) : Volmaan oomblik

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 16 Aug 2017, 10:30 pm