FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Donker Waarheid

    Danie Stander
    Danie Stander


    Location | Ligging : Vaalwater
    Posts | Bydraes : 31
    Points | Punte : 33
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-26
    Age | Ouderdom : 44

    Donker Waarheid Empty Donker Waarheid

    Post by Danie Stander Thu 29 Sep 2011, 4:05 am

    In die stille ure van die nag
    met die dag se jaag verby
    met net ekself
    en God
    wat alleen hier wakker bly
    kan ek die spoke nie verjaag
    die vergadering met gedagtes
    herinneringe
    om die dood nie verdaag
    Dis dan wanner ek eerlik
    en sonder voorgee
    moet luister en kyk
    erken
    die lewe wat ek lewe
    is 'n befame leuen
    gespoeg en geplak
    toneelstuk
    en ek weet nie wie
    of waar of hoe
    is die gehoor vir wie
    ek speel
    maar die waarheid het
    net 'n manier
    om baie bitter
    seer
    te wees en altyd
    die leuen te agterhaal
    die werklike storie te
    verhaal
    Hy gee nie om
    wie daaronder ly nie
    wie se beurt om seer te
    kry nie
    solank hy die lig
    van dag kan aanskou
    die volle glorie van oggend
    dou
    solank hy die leuen
    kan verwoes en die
    vrugte van sy heil kan
    oes
    sal die waarheid aanhou slaan
    in donker ure bly vermaan
    my hart en siel aan flarde
    reep
    Voor wie moet ek my skuld
    bely
    wie sal my van die leuen
    bevry
    avatar
    Guest
    Guest


    Donker Waarheid Empty Re: Donker Waarheid

    Post by Guest Thu 29 Sep 2011, 1:35 pm

    nanag dreamer,....... beslis tussen jou like minded souls, welkom
    Danie Stander
    Danie Stander


    Location | Ligging : Vaalwater
    Posts | Bydraes : 31
    Points | Punte : 33
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-26
    Age | Ouderdom : 44

    Donker Waarheid Empty Re: Donker Waarheid

    Post by Danie Stander Thu 29 Sep 2011, 2:08 pm

    Hehehe! Ek het gewéét daar sal iewers nog mal mense soos ek!
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Donker Waarheid Empty Re: Donker Waarheid

    Post by Claira Summers Thu 29 Sep 2011, 2:21 pm

    En hier is n paar - Welkom Danie. Ek sukkel om te comment vandag die page bly unavailable, maar sal aanhou probeer. Ek hoop dit beteken vir jou soveel soos vir my. Wink
    Danie Stander
    Danie Stander


    Location | Ligging : Vaalwater
    Posts | Bydraes : 31
    Points | Punte : 33
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-26
    Age | Ouderdom : 44

    Donker Waarheid Empty Re: Donker Waarheid

    Post by Danie Stander Thu 29 Sep 2011, 2:26 pm

    Dit doen, Claira, glo my! Dankie dat jy my hierheen gelei het!

    Sponsored content


    Donker Waarheid Empty Re: Donker Waarheid

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 03 May 2024, 7:41 am