FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Oomblik van waarheid

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Oomblik van waarheid Empty Oomblik van waarheid

    Post by Rudi Coetzer Mon 21 Nov 2011, 2:27 pm

    Die Buffel slang katvoet
    met die kronkelpaadjie langs
    en eierloop pynlik stadig
    oor die warmgebakte grond

    buite is dit 45 Grade Celcius
    en binne is dit 50 -
    dis mynwêreld die .

    12 oë weerskante tuur
    stip en skandeer
    elke boom elke bos
    elke graspol elke klip -
    en bid stil
    hulle trek geen vuur .

    Dan
    ontplof dit onder die Buffel
    wat split-sekondes later
    tot stilstand ruk
    terwyl 6 R1-gewere gelyktydig
    in alle rigtings vuur .

    Buite is dit 45 Grade Celcius
    en binne is dit 50 -
    dis terroriste wêreld die .

    “ Staak vuur ! Staak vuur ! ”
    skreeu die bebliksemde Luitenant
    terwyl hy op sy tande kners

    “ vandag maak ek
    julle trigger-happy troepe almal vankant –

    die donderse agterwiel het gebars ! ”



    ( 15/11/2008 09h27 )

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 6:29 am