FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die Onverwagse Waarheid

    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Die Onverwagse Waarheid Empty Die Onverwagse Waarheid

    Post by Louisa van Vliet Sat 06 Apr 2013, 6:04 pm

    Kuiertjie van vroeg tot laat by haar,
    ‘n tyd wat nooit gewoonlik langer was as juis toe,
    iewers kort daar iets, daar is groot fout,
    maar kry nie die kloutjie by die oor nie.

    Koffietjie word gemaak, maar sy vra die nuwe koppietjie.
    Ag nee, wat daar is nog baie tyd vir daardie koppietjies
    min wetend hoe onverwags die waarheid voor jou kom le.

    Die telefoon lui aanhoudend, selfoon se battery naderhand
    nie meer krag vir al die oproepe wat gemaak word nie.
    'n Verrassings partytjie word gereel, juis vir haar
    maar dit was nooit beskore om te kon plaasvind nie.

    Iewers in die donker nag, het iets verkeerd geloop,
    'n hand wat uitgereik het na 'n glas water,
    die diepste pyn wat deur geskemer het,
    was haar laaste uur in haar alleenheid.

    Gemoedere wat stil geraak het, aan 'n wonderlike
    moeder geken deur baie mense, het toegelaat dat God
    haar kom haal om haar doel te dien by Hom.

    Groot was die hartseer om haar te kon afstaan,
    telefoon oproepe hier, drukkies daar, oral was
    gesimpatiseer, maar die seer het lank gebly.

    Sy was 'n moeder met baie liefde en geduld.
    So opreg is net aan God te danke gewees.
    'n Moeder wat altyd deur haar kinders onthou sal word.


      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 10:02 pm