sag spieëldans
'n oranje rooi
en bars lewe granaat
in vroegmôre beloftes
jou oë soek in stiltes,
hande blaai in die wit van die verlede
se verwaaide onthou,
waar jy top oor môre
neffens die lyndraad van gister en nou
vingers volg versigtig die grof van tyd,
lees deur jare se emosies
wyl jy wonder oor die gesiglose man
van jou laatnag droom
en nou spieëldans daar weer sag
'n oranje rooi
in jou hart se stil donker seer.
BennyB
©1/12/2011 Barend Booysen
'n oranje rooi
en bars lewe granaat
in vroegmôre beloftes
jou oë soek in stiltes,
hande blaai in die wit van die verlede
se verwaaide onthou,
waar jy top oor môre
neffens die lyndraad van gister en nou
vingers volg versigtig die grof van tyd,
lees deur jare se emosies
wyl jy wonder oor die gesiglose man
van jou laatnag droom
en nou spieëldans daar weer sag
'n oranje rooi
in jou hart se stil donker seer.
BennyB
©1/12/2011 Barend Booysen