lig en donker

    Share
    avatar
    Torm

    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 60

    lig en donker

    Post by Torm on Fri 06 Jul 2012, 11:25 am

    die boosheid van die donker
    wat alles meedoënloos verberg
    vloei genadeloos grou oor in grys
    net voordat die dag begin

    vlerke fladder as duiwe en mynas plekke ruil
    soos engele en demone wat wagstaan
    by die deur tussen lig en donker
    en gevleueldes begin hoopvol sing
    waar die silhoeët van ʼn blomranker klou
    aan die onthou van kleur

    dan kom die son op en smelt
    die goue maan bo purper blomme
    sodat dit ougoud geel afloop in vore en kanale
    vanaf die einde teen die nuwe blou
    doer Oos tot by die begin
    hier by jou

    © Torm 2012

      Current date/time is Tue 17 Oct 2017, 9:59 pm