wanneer bewegings vashaak
soos nou
en stilte smeer teen elke asemteug
word 'n hart oopgeruk
dit is dan wanneer Eskom ligte doof
en 'n kers smelt om donker hoeke
donker te hou,
genade skuil in skemer se moederlike sus
wat blanko boesems ontbloot vir 'n hart
om in te ledig
sy skuifel nader aan die flikkervlam
want hitte is skaars en dun
en 'n klammigheid in die gemoed
laat 'n hunkering wat ewig
teen winter resoneer
sy het lankal tred met tyd verloor
en bevind haar soms meer as een maal
in dieselfde dag -
soms is dit nodig om een orgasme
'n velerlei maal te herleef
vanaand se klipstapel blyk hoër te wees
as ander aande
en die offerlam is rusteloos,
bang -
vrees ontspring immers uit 'n legio fonteine
tog
wanneer bewegings vashaak
soos nou
en stilte smeer teen elke asemteug
word 'n hart oopgeruk
© 2011 Almarie Truter
soos nou
en stilte smeer teen elke asemteug
word 'n hart oopgeruk
dit is dan wanneer Eskom ligte doof
en 'n kers smelt om donker hoeke
donker te hou,
genade skuil in skemer se moederlike sus
wat blanko boesems ontbloot vir 'n hart
om in te ledig
sy skuifel nader aan die flikkervlam
want hitte is skaars en dun
en 'n klammigheid in die gemoed
laat 'n hunkering wat ewig
teen winter resoneer
sy het lankal tred met tyd verloor
en bevind haar soms meer as een maal
in dieselfde dag -
soms is dit nodig om een orgasme
'n velerlei maal te herleef
vanaand se klipstapel blyk hoër te wees
as ander aande
en die offerlam is rusteloos,
bang -
vrees ontspring immers uit 'n legio fonteine
tog
wanneer bewegings vashaak
soos nou
en stilte smeer teen elke asemteug
word 'n hart oopgeruk
© 2011 Almarie Truter