FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die hart van gedagtes

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die hart van gedagtes Empty Die hart van gedagtes

    Post by Rudi Coetzer Thu 22 Mar 2012, 1:17 pm

    Soms krans die lewe
    duiseligwekkend
    tuimel gedagtes
    oor oneindigende afgronde
    in duister dieptes in .

    Soms hang gedagtes
    daar
    in suspense
    suspisieus van mekaar
    elkeen met sy eie begeertes
    elkeen met sy eie behoeftes
    elkeen met sy eie secrets .

    Maar diep binne-in
    klop
    daar ñ hart
    vol vuur
    ñ hart
    vol vrees
    ñ hart
    vol gees
    ñ hart
    wat borrel
    ñ hart
    wat bruis .

    Maar diep binne-in
    klop
    daar ñ hart
    vol opgekropte behoeftes
    ñ hart
    vol lewe
    ñ hart
    vol liefde
    ñ hart
    ryp om gepluk
    te word .


    ( 04/06/2011 00h11 )


      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 8:29 am