FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    VREEMDE LIEFDE

    avatar
    Maggie


    Location | Ligging : MIDRAND
    Posts | Bydraes : 22
    Points | Punte : 60
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-17
    Age | Ouderdom : 62

    VREEMDE LIEFDE Empty VREEMDE LIEFDE

    Post by Maggie Mon 19 Sep 2011, 1:35 am

    VREEMDE LIEFDE

    Jou vreemde liefde
    Verplaas my grense
    Verplant my wese
    Verpleeg my wonde
    Kom verpak my hart
    Plaasvervanger !!
    Veronderstel ek is verontwaardig
    Vernag dan net vanaand
    Voor ek verkluim
    Vergryp jou, my, voor ons vervaag
    Verras my
    Vermors
    Verspeel my tyd
    Vermoor my
    Dat ek kan vervreem van jou, verdrink
    Vermoei my met jou hande
    Verskuif my hartseer hart
    Verpletter my drome
    Verontagsaam my
    Vermenigvuldig my versadiging
    Vernis my met jou passie
    avatar
    Nico10


    Posts | Bydraes : 57
    Points | Punte : 122
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 38

    VREEMDE LIEFDE Empty Re: VREEMDE LIEFDE

    Post by Nico10 Tue 20 Sep 2011, 3:57 am

    Vreemde liefde is 'n interessante vers.
    avatar
    Besoeker
    Guest


    VREEMDE LIEFDE Empty Re: VREEMDE LIEFDE

    Post by Besoeker Tue 20 Sep 2011, 4:09 am

    voorwaar `n amper begogelende liefde wat hier beskryf word...een waarvoor ek nie sommaar nee sou sê nie!
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    VREEMDE LIEFDE Empty Re: VREEMDE LIEFDE

    Post by AmmieMoon Tue 20 Sep 2011, 12:06 pm

    Hierdie woordwaterval is deurdrenk met lieflike nuanses en passie....Ek hou baie hiervan ( sou tog waak teen die gebruik van hoofletters aan die begin van elke sin....ook sou die trefkrag en vorm van die vers baat by opgedeelde strofes) Nietemin, 'n pragtige gedig ! Like a Star @ heaven

    Sponsored content


    VREEMDE LIEFDE Empty Re: VREEMDE LIEFDE

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 08 May 2024, 9:12 pm