My tyd raak min
('n gejaag na asem)
sy klop - donner teen binne-bors-been
wil uitbreek
losskeur
waar haar (my hart)
polsend lank reeds wag.
Dan word ure soos dae,
tyd net nog 'n memory
in stadsverkeer se emosionele verkragting,
net nog 'n oomblik
'n hart wat stop
dodend
die uurglas loop
In voorsmaak van wat kom
in more en nou se droom
ontvang ek 'n troosprys,
'n belofte van eendag
wanneer lewe ook ek kan word,
vêr weg van die stad se gemors;
in winde wat waai dwarrel leë gedagtes
waar hoop en glo
'n laaste lewenslyn bly
en 'n uurglas
vir oulaas leeg sal loop.
BennyB
© 29/12/1012 Barend Booysen
('n gejaag na asem)
sy klop - donner teen binne-bors-been
wil uitbreek
losskeur
waar haar (my hart)
polsend lank reeds wag.
Dan word ure soos dae,
tyd net nog 'n memory
in stadsverkeer se emosionele verkragting,
net nog 'n oomblik
'n hart wat stop
dodend
die uurglas loop
In voorsmaak van wat kom
in more en nou se droom
ontvang ek 'n troosprys,
'n belofte van eendag
wanneer lewe ook ek kan word,
vêr weg van die stad se gemors;
in winde wat waai dwarrel leë gedagtes
waar hoop en glo
'n laaste lewenslyn bly
en 'n uurglas
vir oulaas leeg sal loop.
BennyB
© 29/12/1012 Barend Booysen