FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Verlang

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Verlang Empty Verlang

    Post by AmmieMoon Mon 19 Sep 2011, 12:04 pm



    Vlamme flikker flou teen kreefnette
    en 'n brander bruis rebels deur
    kitaar akkoorde wat sterf in splinters
    van gebreekte skulp.

    'n Tafel kraak enkelvoudig
    en ek skat die afstand tussen die maan
    en hier as slegs 'n hanetree.

    Vygies sukkel stuwend deur stormduin
    en sproei en ek meet alweer jou voetval
    teen die knusplek van die suiderkruis
    en dele van my lyf wat ryloop weg van
    hier.

    Kom dagbreek, drup lig weer deur
    heuning en bloekomblaar
    maar vanaand gleuf ek in die sekel
    wat oor my kuslyn hang.


    © 2011 Almarie Truter
    avatar
    Guest
    Guest


    Verlang Empty Re: Verlang

    Post by Guest Mon 19 Sep 2011, 12:10 pm

    'n ammie kunswerk! die dele van die vroue liggaam wat in die maanlig ryloop sonder permissie na 'n ander adres,.......... verraaiers as jy my sou vra!
    Julia Hill
    Julia Hill


    Location | Ligging : All Around The World
    Posts | Bydraes : 151
    Points | Punte : 259
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 53

    Verlang Empty Re: Verlang

    Post by Julia Hill Mon 19 Sep 2011, 1:19 pm

    Breathtaking Ammie - as Ronel says a real Ammie Masterpiece
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Verlang Empty Re: Verlang

    Post by AmmieMoon Mon 19 Sep 2011, 1:28 pm

    Baie dankie julle ! Like a Star @ heaven
    avatar
    Nico10


    Posts | Bydraes : 57
    Points | Punte : 122
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 38

    Verlang Empty Re: Verlang

    Post by Nico10 Tue 20 Sep 2011, 4:12 am

    Knap gedaam Ammiemoon!
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Verlang Empty Re: Verlang

    Post by AmmieMoon Fri 23 Sep 2011, 1:11 pm

    Dankie Barend.....Altyd lekker om jou spoor hier op die werf te sien... Like a Star @ heaven

    Sponsored content


    Verlang Empty Re: Verlang

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Tue 07 May 2024, 9:17 pm