FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Ek verlang na jou

    Willem Coetzee
    Willem Coetzee


    Location | Ligging : johannesburg
    Posts | Bydraes : 44
    Points | Punte : 103
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 59

    Ek verlang na jou Empty Ek verlang na jou

    Post by Willem Coetzee Sat 24 Sep 2011, 11:22 am

    tussen nagsterrre
    blink jou glimlag
    in die mooi
    van ‘n diamantdag

    jou oë

    asof jy hier is
    maar daar ver

    ek skreeu na die hemel
    wil dit verower vir jou

    en daar is stilte
    as ek luister
    of ek jou hoor

    waar is jy?

      Current date/time is Tue 07 May 2024, 4:19 pm