FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Ek verlang

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Ek verlang Empty Ek verlang

    Post by Rudi Coetzer Thu 03 Nov 2011, 4:26 pm

    Ek verlang na Maja die by
    en Pinochio
    ( uit wie mens selde die waarheid kon kry )

    ek verlang na Knersus en Oscar
    en Knikkie
    ( met sy rooi en geel kar )

    ek verlang na ʼn lekker onskuldige vry
    en Vrydag
    ( om my weeklikse sakgeld te kry )

    ek velang na kleilat
    en boomklim
    en om met my Fifty
    deur die modder te ry

    ek verlang na ses van die bestes op my gat
    en Sondagskool
    en vier vakansies ʼn jaar

    ek verlang na visvang
    saam met my Pa
    en om uitbundig
    saam met my vriende in die Dorpswembad te baljaar .

    Ek verlang



    ( 24/10/2001 14h40 )

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 4:32 pm