FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    n Gedig

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    n Gedig Empty n Gedig

    Post by Manie Jackson Sun 11 Sep 2011, 10:39 pm

    Rol die trane sommer net?
    Liefde, honger, ‘n gebed.
    Word die keel droog in stilte.
    Die geweldige dors.
    As die blitse begin slaan in die bors.
    Die winde wat onverwags ruk,
    Dis swaar om weer en weer te sluk!

    Moet ons soms die toue net laat los.
    Kyk hoe die storm wind opmors!
    Maak oop en laat gaan!
    Anders sal jou hande sny
    En wat sal jy daarvoor kry?
    Woorde kloof tot op die been,
    Die golwe woed om ons heen.

    Drink gulsig uit die kruik.
    Tot die vloek bedaar en die elemente wyk.
    Tot laat, die laaste uur.
    Die pen en die papier.
    Die weerlig afleier en grond.
    Die pen, uitlaat klep sonder mond.
    Werp die dieptes na buite uit

    Die storms wat binne woed
    Ver van mens en goed
    Op paaie waar bliksems slaan
    Waar smart die siel verstaan.
    Ontbloot die stormwaters van binne
    Die oe, vensters van die siel na buite
    Loop die trane oor die ruite

    Die wil om dood te maak
    Die wil om groot te maak
    Die wil om te verslaan
    Die wil om te verstaan
    Die wil om te verwerp
    Die wil om van liefde te skep
    Die wil om te vernietig of te rig!

    Kom alles tot bedaring
    Waai die briesie tot later,
    Is die huilbui tot berading
    Vaar jy beter rustige water
    Skep jy nuwe moed
    En alles weer rustig goed
    Skryf die mens, die lewe, die groet

    Manie Jackson

    avatar
    Guest
    Guest


    n Gedig Empty Re: n Gedig

    Post by Guest Sun 11 Sep 2011, 10:45 pm

    seer innerlike storm voorwaar goed beskryf!
    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    n Gedig Empty Re: n Gedig

    Post by Manie Jackson Mon 12 Sep 2011, 12:45 am

    Dankie!

    Sponsored content


    n Gedig Empty Re: n Gedig

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 10:14 am