FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die betekenisvolle gedig ( 6 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die betekenisvolle gedig ( 6 ) Empty Die betekenisvolle gedig ( 6 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 01 Nov 2011, 2:33 pm

    Ek kyk in die oë van die lewe
    wat alles omkeer
    wanneer hulle terug-spieël na my .

    Ek volg my gisters se foto-spore
    wat tyd datum en plek
    met poskaart-gemak
    behoort vas te vang

    maar kyk ek agterop
    staar die boodskap oningevuld
    ongestempeld leeg terug na my .

    Ek huil langdag-trane
    vir al die kosbare oomblikke
    geleef maar vergete
    wat wees en verlore
    massagraf agter my lê .


    ( 17/07/2011 22h28 )

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 9:33 am