FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Soms kan ek nie praat nie

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Soms kan ek nie praat nie Empty Soms kan ek nie praat nie

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 3:25 pm

    Ek pulp 'n aalwynblaar
    tot witbloed teen my vel versprei
    met bitter-weet wat deur swye sweet
    wonder ek
    sou jy steeds die ritseling van onuitgesproke woorde
    kon verstaan ?

    skynbaar nie, want jy oordeel fel
    waar jy gevaarlik naasaan 'n afgrond buig -
    klippe gaar om my skarlaken smet te stenig;

    jy wat eens my seer gelaaf het met wilde boegoe
    uit die klein karoo,
    water bakhand aangedra het uit die Boland
    se immer vloeiende riviere,
    die maan vir my gelas het om te keer dat ek nie
    deur gleuwe van eindeloosheid glip nie,
    wat 'n stad vir my uitgehol het
    sodat ek kaalvoet op lugleegtes kan loop

    jou stil verwyt jammer teen my labirint tuin
    se geslote poorte, en al wat ek kan doen -

    is om agter geroeste grendels te kniel
    in geskeurde waad te smeek
    dat jy weer sal leer
    om die ritseling van my onuitgesproke woorde
    te verstaan.


    © 2011 Almarie Truter.

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 8:57 pm