As ek jou tussen lyne lees
my oë joune vasvang
sê ek verstaan
my hart se ritme
met joune gesels
sonder ‘n woord
kan ek jou vriendin wees
in siel en gees
sonder bybedoelings
net vir jou ‘smile’
want ons ken
mekaar se bestaan
mekaar se seer
mekaar se behoeftes
mekaar se binneste
mekaar se kyk
mekaar se oë
want oë praat
my oë joune vasvang
sê ek verstaan
my hart se ritme
met joune gesels
sonder ‘n woord
kan ek jou vriendin wees
in siel en gees
sonder bybedoelings
net vir jou ‘smile’
want ons ken
mekaar se bestaan
mekaar se seer
mekaar se behoeftes
mekaar se binneste
mekaar se kyk
mekaar se oë
want oë praat