Haar ID-nommer begin met een drie
en hierdie
eeu , is haar laaste een .
32 jaar laas
het sy die drif
van ñ man gevoel
om haar , oor haar , in haar .
Soms mis sy dit
die hande vashou
die soen
die liefde
en aanbidding
van oë .
Soms mis sy dit
hande wat kurwes ken
wat weet
waar om te vat
en hoe om te liefkoos .
Soms mis sy hom
sy sagte stem
sy geduld
sy verstaan
sy omgee
sy drukkies .
Soms mis sy hom
sy teer vat
sy stoppel-wang
sy stil-lippe
wat trane
van wange afsoen .
Sy staan stom
en krom
en moeisaam op
en skink
vir haar ñ koppie tee .
Met die agterkant
van haar oumens-hand
vee sy haar trane af .
Soms mis sy hom .
( 23/12/2009 09h58 )
en hierdie
eeu , is haar laaste een .
32 jaar laas
het sy die drif
van ñ man gevoel
om haar , oor haar , in haar .
Soms mis sy dit
die hande vashou
die soen
die liefde
en aanbidding
van oë .
Soms mis sy dit
hande wat kurwes ken
wat weet
waar om te vat
en hoe om te liefkoos .
Soms mis sy hom
sy sagte stem
sy geduld
sy verstaan
sy omgee
sy drukkies .
Soms mis sy hom
sy teer vat
sy stoppel-wang
sy stil-lippe
wat trane
van wange afsoen .
Sy staan stom
en krom
en moeisaam op
en skink
vir haar ñ koppie tee .
Met die agterkant
van haar oumens-hand
vee sy haar trane af .
Soms mis sy hom .
( 23/12/2009 09h58 )