FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die warm van onthou.

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Die warm van onthou. Empty Die warm van onthou.

    Post by Manie Jackson Fri 09 Sep 2011, 7:54 pm

    Ek weet dit is al laat.
    ag, miskien...
    Wat moes ek maak?
    Ek wou, eindlik jou net sien.

    Sou ek dalk nooit weer nie...
    moet jy dit net weet.
    Moet jy jouself oppas, veilig hou.
    Omvou jy my lewe, soos ‘n warm kleed.

    Is jou beeld in my gedagtes gebrand.
    Kan niemand jou skoonheid ooit beskryf.
    Volle reg laat geskied, deur geen hand.
    Niemand ooit so mooi, die skoonheid – wat my uit my sinne dryf!

    In die vertrekke van my menswees het jy ontvou.
    Jou hand wat vat, jou gelaat tot diep in my siel.
    Weerklink jou voetstappe in die kamers van onthou.
    Verdryf jou teenwoordigheid die koue - verniel.

    Sag, dwaalend oor pleine van my lewensgang
    as jou beeld deur my drome sink,
    rakelings jou vingers oor my wang.
    Vestig jou glimlag die stroom waar uit ek drink.

    Manie Jackson 2011

      Current date/time is Sun 19 May 2024, 11:35 pm