Onthou

    Share
    avatar
    BennyB

    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 49

    Onthou

    Post by BennyB on Sun 02 Dec 2012, 11:07 am



    lang jare reeds
    se seer onthou vergeet
    bly steeds deel
    maak my mens
    ‘n hand bewend
    waar ‘n hart
    in laaste styftrekking stil

    vergeet se onmoontlikheid
    van kind tot nou,
    vergifnis is maklik
    om te vervloek
    laat letsels bloeiend geprent
    in wat jy is
    en ‘jammer’
    net nog ‘n lee woord bly

    traan drup nog ‘n keer
    as vrae doof-oor
    in ou gisters onthou,
    en geel kiekie-rand-kante
    se geskiedenis
    vergete stof gaar
    soos wyn bottels
    in ‘n koud-stil donker kamer.

    BennyB
    © 25/11/2012 Barend Booysen


    _________________
    BennyB
    Email: editor.chief@free-style.co.za
    Fax2Email: 0865106406

      Current date/time is Sat 18 Nov 2017, 4:02 am