FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Walms van onthou

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Walms van onthou Empty Walms van onthou

    Post by BennyB Tue 08 Nov 2011, 4:13 am


    jou reuk klou nog aan my bed
    my lyf
    die onthou van smag en soet

    rooiwynvlekke kring verlange
    as my hart se ketting skakels
    roes lê in verweer
    oranje-geel
    lek-lek vlamme aan die hemelruim
    as my hart sterre skiet
    onder 'n rooi donkermaan

    ek staan stil
    en verlang
    na waar ons eens saam,
    hand aan hand,
    ons harte ineen kon vleg
    saam kon droom, lag en leef
    en nou…?

    nou hang jou reuk
    steeds in my laat-nag droom
    waar ek weet
    jy ook vanaand
    nes ek,
    iewers sweef in koel-nag-hoop

    BennyB
    ©16/06/2011 Barend Booysen


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 12:06 pm