FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Stiltes van Onthou

    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    Stiltes van Onthou Empty Stiltes van Onthou

    Post by Madri Cordier Thu 26 Jan 2012, 8:04 pm

    Stiltes waarin eindelose gesprekke deur jou gedagtegang maal
    dialoog tussen jou hart en verstand, jou liggaam se sielstaal
    Stiltes waarin ek elke oomblik van ons euforiese liefde onthou
    sorgelose harte vol vreugde, lag, passie en ook mekaar vertrou
    Sagte stiltes van onthou...

    Stiltes met stomende bekers koffie in die vroeë oggend se sonlig
    ure in pragtige natuurskoon, vars lug en harte vol waardering
    Stiltes vol tevredenheid, my hand in joune stap ons die pad aan
    oor rivierstroompies, songebakte wildspaadjies vol verstaan
    Sagte stiltes van onthou...

    Stiltes waar ek langs die strand stap en Skeppingsdaad aanskou
    herinneringe aan hoe dit was en al die verlede se foute en verbrou
    Stiltes as ek na die melodie van my hart se diepe verlange luister
    sagte kleure van verlange en koesterwoorde wat in my oor fluister
    Sagte stiltes van onthou...

    Stiltes wat afspeel in die dwaalgange van vandag se baie gisters
    heimwee vol blou, smagtend na jou siel, als voel sommer flenters
    Stiltes vol gister se stukkies van my hart se legkaart wat ek bou
    peinsend staar ek in die niet en wonder oor als wat ek verbrou
    Sagte stiltes van onthou...

    Sagte stiltes wat mens herinner dat mens net mens is...

    © Madri Cordier

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 4:14 pm