FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 33 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 33 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 33 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 10 Jan 2012, 2:05 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    die hekke van jou hemel gly
    geluidloos oop vir my
    en jy laat my binnekom
    in vreugdevolle verwondering
    wat my vir ewig
    sal bybly .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    selfs elke oomblik van herinnering
    laat brand ñ helder lig
    in die donker sagwarm-binneste van my ,
    daar waar gelukkige gedagtes en gevoelens
    gebore word en lewe kry .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    vir soveel jare het ek gedroom
    het ek gewens
    onherroeplik geglo daar is ñ jy -
    dat die son van liefde sal opkom
    oor hierdie hunker-vlaktes binne my .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    die hekke van jou hemel gly
    met ñ huppel en ñ lag
    oop-arms oop vir my
    en die beauty van liefde , die krag
    die wonder daarvan , verbaas selfs vir my .



    ( 18/09/2011 09h48 )

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 4:01 pm