FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 31 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 31 )   Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 31 )

    Post by Rudi Coetzer Thu 22 Dec 2011, 5:17 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    jy sensueel in my gedagtegange
    lê cuddle-close styf teen my –
    voel jy hoe ontwaak jy my drange
    as jy my so spontaan vurig vry

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ek wonder of jy weet
    wat doen jy aan my ?

    Ek leef vir ons elke saamwees-oomblik
    vir die vreugdes wat ons deel
    ek leef vir ons elke naby-oomblik
    vir die vuur wat tussen ons smeul

    ek leef vir die kyk in jou oë
    jou spesiale kyk vir my
    ek leef vir jou vrolike-lag
    wat so happy-huppel deur my .

    Ek leef vir die warm van jou hande
    vir die sag van jou vel
    ek leef vir ons-vandag
    vir ons elke môre saam

    ek leef vir die touch van ons twee siele
    vir hoop wat ons nooit nie sal beskaam
    ek leef vir ons elke kosbare-oomblik
    vir die mooi tussen jou en my .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    in ons sprokieswoud
    ego ons liefde -

    ((( hoor hoe roep ek jou naam )))
    ((( hoor hoe roep ek jou naam )))
    ((( hoor hoe roep ek jou naam ))) .


    ( 06/09/2011 21h48 )
    Attachments
    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 31 )   Attachmentsprokies feetjie.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (112 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 2:16 pm