FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Ek wens ek kan voel maar die donker maak my bang

    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Ek wens ek kan voel maar die donker maak my bang Empty Ek wens ek kan voel maar die donker maak my bang

    Post by Camsica Mon 09 Jan 2012, 2:35 am

    Ek wens ek kan
    elke druppel van jou omgee
    soos reën opvang
    en vir jou stoor
    in ’n tamaaie wynvat

    sodat jy elke dag
    daarin kan bad
    en elke dag
    daarvan kan drink.

    Ek wens ek kan
    elke bietjie van jou menswees
    in ’n oomblik vasvang
    en freeze-frame
    tot diep in jou siel

    sodat jy kan voel
    hoe ek voel
    en wat ek ervaar
    elke dag
    wanneer jou liefde
    oor my spoel.

    Ek wens ek kon jou
    aan my hart vaswerk
    met silwer gare
    en die some pars
    met ‘n rooi-warm yster

    sodat ek jou liefde
    met oorgawe
    kan beantwoord
    en jou elke dag
    kan gee wat ek ontvang.

    As ek maarnet
    my hart kon kry-

    maar
    die donker maak my bang.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Ek wens ek kan voel maar die donker maak my bang Empty Re: Ek wens ek kan voel maar die donker maak my bang

    Post by Rudi Coetzer Mon 09 Jan 2012, 2:59 pm

    sjoe...hoendervleis.
    die hele gedig..
    jou bewoording......
    die vloei...
    die emosies..
    die prentjie wat jy so besonders hier skets...
    een van jou bestes.
    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Ek wens ek kan voel maar die donker maak my bang Empty Re: Ek wens ek kan voel maar die donker maak my bang

    Post by Camsica Wed 11 Jan 2012, 3:37 am

    Baie dankie my Storieman....

    Sponsored content


    Ek wens ek kan voel maar die donker maak my bang Empty Re: Ek wens ek kan voel maar die donker maak my bang

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 12:12 am