FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Ek maak my oë oop

    Poll

    Do you 'like' or choose 'not my favorite' for this Combination?

    [ 2 ]
    Ek maak my oë oop I_vote_lcap100%Ek maak my oë oop I_vote_rcap [100%] 
    [ 0 ]
    Ek maak my oë oop I_vote_lcap0%Ek maak my oë oop I_vote_rcap [0%] 

    Total Votes: 2
    Poll closed
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Ek maak my oë oop Empty Ek maak my oë oop

    Post by Rudi Coetzer Tue 13 Dec 2011, 3:18 am

    Ek onthou
    toe ek en jy pasgetroudes was
    hoe jy al giggelend
    op ons wittebroods-nag
    deur ons huisie gehol het
    ( blaker en kers in die hand )
    ek kaalgat agterna
    net met my wit sokkies aan
    ( later daardie nag
    het jy in my oor gefluister
    dat dit gelyk het of ek
    al agter jou aan sweef ) .

    Alles was mooi
    alles was reg .

    Ek onthou
    hoe jy later so baie gelag het
    dat jy sommer in die middel
    van ons kombuisie
    op die plankvloer neergesyg het
    te uitasem om verder te hol
    ( ons het nie eers geld gehad
    vir ñ kombuis-stelletjie nie )
    en hoe ek net soveel gehyg het
    toe ek voor jou neerval
    met my kop
    op jou skoot gaan lê het
    en jy jou vingers
    deur my hare getrek het .

    Alles was mooi
    alles was reg .

    Ek onthou
    hoe dit later daardie aand
    begin reën het
    hoe ons styf teenmekaar
    op ons tweedehandse-driekwartbed
    gesnoes het
    ek my neus in die soetsag
    van jou nek gebêre het
    en ons soos kinders
    na die reën
    se opgewonde hartklop
    op die dak geluister het .

    Alles was mooi
    alles was reg .

    Ek onthou
    hoe die natuur ons begelei het
    hoe die een ding
    na die ander gelei het
    hoe ons ons huweliksnag
    vreugdevol volbring het .

    Alles was mooi
    alles was reg .

    Ek onthou
    dat ons toe net bywoners was
    hard moes werk vir die dak oor ons kop
    en ons daaglikse brood
    maar dat alles mooi was
    en dat alles reg was

    want ons het mekaar gehad .

    Ek onthou
    dat jy daardie nag
    ( ons huweliksnag )
    swanger geraak het

    ek onthou
    die warm somers-middag
    ( ek was in die lande besig om te ploeg )
    hoe jy al met die stofpad langs
    aangehardloop gekom het -
    uitbundig en heeltemal
    uit jou vel uit .

    Ek onthou
    die blydskap in jou oë
    toe ek so bokspring en lag en skreeu
    toe jy my uitasem vertel jy is swanger
    en hoe ons net daar
    liefde gemaak het
    met die vars nat rooigrond
    wat aan ons lywe klou .

    ~ ~ ~ ~

    Ek maak my oë oop .

    Alles voel skielik so onwerklik –
    so lank gelede .

    My kleinseun
    pluk aan my mou :
    “ Kom Oupa, dit raak laat , ons moet ry .
    Ons het nog ñ langpad huistoe . ”

    Ek klem my kierie stywer vas
    draai om en stap
    met ñ swaar gemoed kar toe .

    “ Hoe oud was Ouma
    toe Pappa gebore is
    en sy dood is ? ”

    “ Ouma was negentien ”
    antwoord my enigste seun
    ongeduldig deur die motorruit .



    ( 12/12/2011 22hh12
    >>Fotograaf : Chantelle Visser )

    Attachments
    Ek maak my oë oop AttachmentFd-uitdaging 2.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (92 Kb) Downloaded 3 times
    antieklimaks
    antieklimaks


    Location | Ligging : Centurion, Gauteng
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 57
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-07
    Age | Ouderdom : 58

    Ek maak my oë oop Empty Re: Ek maak my oë oop

    Post by antieklimaks Fri 02 Mar 2012, 6:25 pm

    Dit is baie mooi. Dit kan 'n fliek wees!
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Ek maak my oë oop Empty Re: Ek maak my oë oop

    Post by Rudi Coetzer Mon 05 Mar 2012, 11:49 am

    baie dankie.
    waardeer jou lees en jou kommentaar.
    (ja..smile..dink ook so...).

    Sponsored content


    Ek maak my oë oop Empty Re: Ek maak my oë oop

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 20 Apr 2024, 12:56 am