FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Ek wens vir jou

    Willem Coetzee
    Willem Coetzee


    Location | Ligging : johannesburg
    Posts | Bydraes : 44
    Points | Punte : 103
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 59

    Ek wens vir jou Empty Ek wens vir jou

    Post by Willem Coetzee Wed 05 Oct 2011, 1:26 am

    ek wens vir jou 'n droom
    wat groei aan die heelal-boom
    dat dit jou sal geluk
    om dit af te pluk

    ek wens vir jou 'n son
    'n helder een om in te lag
    met skadu's om in te wag

    ek wens vir jou 'n maan
    'n vol een om onder lief te hê
    'n strepies een om in te lê

    ek wens vir jou
    elke een 'n sonskyn dag
    elke een 'n sterre nag

    ‘n hele wye wêreld
    alles – net vir jou!
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Ek wens vir jou Empty Re: Ek wens vir jou

    Post by Besoeker Wed 05 Oct 2011, 1:44 am

    DANKIE!! ( wat meer kan mens sê vir sulk pragtige wense? )
    avatar
    Guest
    Guest


    Ek wens vir jou Empty Re: Ek wens vir jou

    Post by Guest Mon 10 Oct 2011, 8:14 pm

    hierdie vers voer my twee dinge, eerstens n melodie wat ek hoor terwyl ek dit lees en tweedens n ongelooflike gevoel van 'n geskenk so groot wat hier deur die digter met oop hart en hand gegee word!! 'n wens mooier as enige blom!!
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Ek wens vir jou Empty Re: Ek wens vir jou

    Post by Enid Tue 11 Oct 2011, 12:30 am

    en saam met die stukkie prag sing-sing ek saam, ek het sulke goed nodig om my lewe positief te hou, dankie
    avatar
    Guest
    Guest


    Ek wens vir jou Empty Re: Ek wens vir jou

    Post by Guest Tue 11 Oct 2011, 12:33 am

    dit is beslis n baie positiewe en mooi wens!Stem Enid,.. die 'n real "upper"

    Sponsored content


    Ek wens vir jou Empty Re: Ek wens vir jou

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 3:34 am