FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    Vandag is anders

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Vandag is anders Empty Vandag is anders

    Post by BennyB Sun 01 Jan 2012, 3:26 pm


    11:59 en 55 sekondes
    11:59:56
    11:59:57
    11:59:58
    11:59:59

    iewers in die oomblik
    mis ek ou bekende klanke
    ’n stil kerkklok
    stemme heel uit ritme op woorde van Auld Lang Syne
    ploffers en vonke en ...

    vir ’n oomblik doof my oor
    stol my hart
    kyk ek terug na gister
    na jou
    in 'n laaste groet

    oor ’n stil baai
    handspieël ’n hemel
    'n kleur ballet
    ’n neulende wind
    wat karring aan hoop en verwagting

    toe kom môre,
    breek dag oor ’n grootste blou
    waar ek nie meer net
    ‘n kantlyn bewoner is nie,
    vandag is anders
    anders as gister
    ek is nie meer net ’n stem
    in ’n donker storm

    ek is
    ek is
    ek IS

    want vandag is anders.

    BennyB
    © 01/01/2012 Barend Booysen
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Vandag is anders Empty Re: Vandag is anders

    Post by AmmieMoon Sun 01 Jan 2012, 3:48 pm

    ...vandag IS anders, inderdaad ...en jy sê dit soos 'n digter ! Puik Benna! Like a Star @ heaven
    Julia Hill
    Julia Hill


    Location | Ligging : All Around The World
    Posts | Bydraes : 151
    Points | Punte : 259
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 53

    Vandag is anders Empty Re: Vandag is anders

    Post by Julia Hill Sun 01 Jan 2012, 7:25 pm

    Just stunning! Love this ... and yes today is different and will be celebrated as such! flower
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Vandag is anders Empty Re: Vandag is anders

    Post by SWERWER Tue 03 Jan 2012, 11:02 pm

    Beste Benny,

    Soos altyd is jy die man vir die oomblik! Oujaars nostalgie met n brijante nuwejaars voorneme om te sorg dat dit anders gaan wees. Benny ek weet nie of jy bewus is van hoe goed jy kan skryf nie. Jou werk is altyd puik, vol sielvolle gevoel wat my altyd net inspireer om tog net eendag as ek groot is so goed te kan wees. Ek is mal oor jou werk.

    Mag hierdie jaar in alle opsigte asemrowend anders, positief wees.

    Beste Groete

    SWERWER

    Sponsored content


    Vandag is anders Empty Re: Vandag is anders

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 08 May 2024, 7:43 am