FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die Blom.

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Die Blom. Empty Die Blom.

    Post by Manie Jackson Thu 08 Sep 2011, 12:43 am

    Is jy die blom
    Een wat met die son kom?
    As die more breek,
    Die mis – blou versteek.

    Jou hande warm
    Liefde wat my hart omarm.
    As die seisoen verander, erens tog sien
    Sal ons eendag – miskien?

    Loop die lewe, elk sy pad.
    Onthou altyd die drome van jou hart.
    Waar die lig op jou paaie
    Vergeet gister nie, die donker, die draaie.

    Die trekvoels het lank al vergader.
    Die wind roep die winter nader.
    Staan jy ook alleen in die deur
    Wat sal eendag nog gebeur.

    Wat sal jou somer terugbring
    Wie sal jy toelaat – om vir jou te sing?
    Is die hart aanhoudend verniel.
    Verberg jou oe – die vensters van jou siel.

    Hunker jou hande, jou hart na my?
    Is jy soms... soms dalk vry?
    As jy jou eerlik self gaan haal
    Vreugde n oomblik, n wereld vaal.

    Manie Jackson 22/05/2010.

      Current date/time is Mon 20 May 2024, 7:09 am