FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 4 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 4 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 4 )

    Post by Rudi Coetzer Mon 14 Nov 2011, 4:13 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ek kan nie wag
    dat jy môre-aand na my toe kom
    en ek hoop
    môre is cuddle-weer soos vandag .

    Dan kan ons mekaar
    van ons klere stroop
    en warm-vel teen warm-vel
    aansnoes so lekker styf teenmekaar
    gesig teen gesig
    in opsitkers se gesellige lig .

    En kan ons dan passievol met liggaamstaal vertel
    wat ons elkeen reeds weet ,
    maar wat ons elkeen
    dae lank al hunker om te hoor

    dat ons nie van mekaar wil of kan vergeet ,
    dat ons elke tydjie saam
    spesiaal en kosbaar is
    en ons so nie kan bekostig om dit te verloor .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    snags in droomland prewel ek jou naam
    wanneer ons saam in ons sprokieswoud is ,
    giggelend-gelukkig , wagtend vir die son om op te kom .


    ( 06/04/2011 13h52 )



      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 4:36 am