FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die ouer vrou...

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Die ouer vrou... Empty Die ouer vrou...

    Post by Manie Jackson Wed 07 Sep 2011, 2:27 pm

    Gebytel deur tyd, elke dag
    Moeder van n jonger geslag.
    Net skoner, My hart! Vir my.
    Seisoene ewig verby.
    kinders gebore uit jou lyf.
    Tempel! Voller vrou laat wys!
    Jy vandag meer begeerlik,
    Mooi verouder, pragtig volwasse, eerlik!
    Vra jy of ek van jou so hou?!
    Die heupe..die maagie... – Jy die ouer vrou!
    Jou glimlag, plooitjies, jyt geen besef!
    Hoe diep jy my waardering tref!
    Elke tree wat tyd met jou gee.
    Jy vrou! My swakheid, lam my kniee!
    Jou oe maak die somer helder
    Jou wegstap – my skanse , weerstand gekelder!
    Dogtertjie skoene toeka gelos!
    ‘n Dame verby die lente blos!
    Ruk my hart – stil geklap.
    Toe jy die deur instap!
    Uitgeblaasde hare, alles reg!
    Slaan jy my asem weg!
    Weet ek soms nie wat ek doen nie.
    Jy! hoe graag ek jou wil soen nie!
    Wil jou dalk nie groet nie
    Ja tog! Het nie die moed nie!
    Kan ek nie se nie.
    Wat ek eindlik wil he nie!
    Wil ek jou graag toevou
    Die donker van gister buite hou.
    Jy die houer vol geluk!
    ‘n blom – mooier, ryp vir pluk!
    As die tyd op jou gelaat kan lees.
    Wil ek meer by jou wees.
    Is dit so moeilik om te glo.
    Die jonger man het vir jou oe!


    Manie Jackson

      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 12:45 am