FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Rooi gestolde klonte

    Melanie van As
    Melanie van As


    Location | Ligging : Kroonstad, Vrystaat
    Posts | Bydraes : 34
    Points | Punte : 76
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 38

    Rooi gestolde klonte Empty Rooi gestolde klonte

    Post by Melanie van As Mon 07 Nov 2011, 2:23 pm

    Deur die krake van my aarde kan ek sien
    hoe wortels deur my voete kruis,
    water bloei rou seer onophoudend.
    Niks is skoon of blink teen lewe nie.

    Die toekoms is rooi gestolde klonte.


    Ek sien kinders verdrink
    in die oorlog tussen reg en verkeerd.
    'n Ma huil onbeskaamd met haar hande op na bo,
    met haar skurwe knieë probeer sy weer opstaan
    vir nog een laaste keer.
    Doringdraad sny die hande van onskuldiges.

    Die toekoms was rooi gestolde klonte.


    Kilometers ver voor my oop is daar grafte
    mense staan met dooie blomme en goedkoop verse.
    Ek sien leiers afbreek
    terwyl my generasie wyn drink tot na twaalf.
    Stil verdwyn die drome.
    Waar kom ons hulp vandaan,
    as die kore ophou sing
    en jy die helder kampvure voor ons sien dood waai?

    Ek het terug gesit
    kaalvoet vol eie-huil op die grond.
    Egte mense stap verby .
    In my agtergrond praat die oseaan weer in elf tale.

    Soms kraak vrede as jy stil sit en hoop.

    Teen skemer was ek vry
    ek het weer my regte wêreld terug gekry
    tussen al die ou rooi gestolde klonte.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Rooi gestolde klonte Empty Re: Rooi gestolde klonte

    Post by Rudi Coetzer Mon 07 Nov 2011, 3:46 pm

    EKs so bly jy ook nou op FS,...
    SIen uit na jou werke.en jou unieke eie-way.

    Hierdie is natuurlik n fav van my.
    n Besonderse werk.
    Love dit.
    Well done.

    MORE!

    Very Happy
    Melanie van As
    Melanie van As


    Location | Ligging : Kroonstad, Vrystaat
    Posts | Bydraes : 34
    Points | Punte : 76
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 38

    Rooi gestolde klonte Empty Re: Rooi gestolde klonte

    Post by Melanie van As Mon 07 Nov 2011, 5:02 pm

    Dankie Rudi is lekker om hier te wees!
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Rooi gestolde klonte Empty Re: Rooi gestolde klonte

    Post by SWERWER Mon 07 Nov 2011, 6:52 pm

    HI Melani,

    Welkom by FS. Ek weet nie of hierdie n apokoliptiese vers of n verbeeldingsvlug is nie. Hoe ookal is dit vreesaanjaeend. Tog is ek bly dat jy jou wereld treuggekry het. Ek sien uit na meer van jou werk om te sien waarheen jy oppad is.

    SWERWER
    Melanie van As
    Melanie van As


    Location | Ligging : Kroonstad, Vrystaat
    Posts | Bydraes : 34
    Points | Punte : 76
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 38

    Rooi gestolde klonte Empty Re: Rooi gestolde klonte

    Post by Melanie van As Tue 08 Nov 2011, 8:03 pm

    Baie dankie Swerwer dit is lekker om uiteindelik hier te wees en so stukkie van my met julle te deel. Liefde

    Sponsored content


    Rooi gestolde klonte Empty Re: Rooi gestolde klonte

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sun 19 May 2024, 5:35 pm