Rus kom vanaand geluidloos
soos ‘n engel gestuur
my redding in nog ‘n somber uur.
Tussen kontinente
se noord en suid
dobber verlange
in my groot grootste blou
Stil,
net vir 'n droom verstrooide oomblik
stom my hart se verlange
waar jy tiptoon op 'n sterrehemel rooi tapyt
en cupido teikenskiet
na my blouste blou verstrengelde hart
Woorde dans melkweg drome
onder 'n reënboog se kwas
in die spieëlbeeld my en jou
skuil my laatnag verlange
Vir ’n wyle
in 'n stil leë nag
’n oomblik wat ek boekmerk
vir toekomstige laataand onthou.
BennyB
© 23/09/2011 Barend Booysen
soos ‘n engel gestuur
my redding in nog ‘n somber uur.
Tussen kontinente
se noord en suid
dobber verlange
in my groot grootste blou
Stil,
net vir 'n droom verstrooide oomblik
stom my hart se verlange
waar jy tiptoon op 'n sterrehemel rooi tapyt
en cupido teikenskiet
na my blouste blou verstrengelde hart
Woorde dans melkweg drome
onder 'n reënboog se kwas
in die spieëlbeeld my en jou
skuil my laatnag verlange
Vir ’n wyle
in 'n stil leë nag
’n oomblik wat ek boekmerk
vir toekomstige laataand onthou.
BennyB
© 23/09/2011 Barend Booysen