FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Sunnyside se kaalvoet-drome

    Melanie van As
    Melanie van As


    Location | Ligging : Kroonstad, Vrystaat
    Posts | Bydraes : 34
    Points | Punte : 76
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 38

    Sunnyside se kaalvoet-drome Empty Sunnyside se kaalvoet-drome

    Post by Melanie van As Fri 04 Nov 2011, 8:47 pm

    Genade vlieg saam die son
    wanneer my kaalvoet-drome
    verby Sunnyside se kinders ry.

    Ek weet die reën kom weer
    om hul sigarette te blus
    wat brand soos dag
    in die donker van die nag-
    waar môre onder 'n skewe straatlig lê
    en wag vir die liefde
    wat lank gelede
    beloof is deur die son.

    Vol van niks
    met brons munte in die teerpad.
    Vol van alles
    met pers note die lug in,
    die wat ek vanaand vir hul gee
    as die oggend-kleur
    my weer mens maak
    my weer groot maak
    vir koerant stories en leë bokse wyn
    met stempels en datums
    wat niemand sal onthou nie.

    Dan speel ons maar Elvis
    oor die draadloos.
    Drink en dink
    oor die kinders op die hoek.

    Die kinders van Sunnyside.
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Sunnyside se kaalvoet-drome Empty Re: Sunnyside se kaalvoet-drome

    Post by Louisa van Vliet Sun 06 Nov 2011, 1:40 am

    Baie mooi Melanie

      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 1:32 pm